"Kom gee vir my polfyntjie" deur C.L. LEIPOLDT [boodskap #10277] |
Vr, 08 Augustus 1997 00:00 |
G.B.
Boodskappe: 2174 Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
KOM GEE VIR MY POLFYNTJIE
C.L.Leipoldt
Kom gee vir my polfyntjie,
Dit maak nie saak nie wat,
Die kleinste, nietigste lyntjie
Waardeer ek as 'n skat.
Koop waar jy wil, by smouse,
Penswinkeltjies, net wat
Jy kry in Krismiskouse -
Dit bly vir my 'n skat.
Net iets wat jy as joue
Betrag het, gee my dit -
Ek neem dit aan as goue
Gesteente tot besit.
En as jy eenmaal sterwe,
Dan pryk dit nog by my,
Gegee meer as geërwe,
As liefdeblyk gekry.
|
|
|